daily bible verse Galatians 3:26-29

daily bible verse Galatians 3:26-29

Galatians 3:26-29

For you are all sons of God through faith in Christ Jesus. For all of you who were baptized into Christ have clothed yourselves with Christ. There is neither Jew nor Greek, there is neither slave nor free man, there is neither male nor female; for you are all one in Christ Jesus. And if you belong to Christ, then you are Abraham’s offspring, heirs according to promise.

daaglikse bybel vers Galasiërs 3:26-29

Galasiërs 3:26-29

Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.

Previous post

Psalm 118:25

Share Button

daily bible verse Psalm 118:25

daily bible verse Psalm 118:25

Psalm 118:25

O LORD, do save, we beseech Thee;
O LORD, we beseech Thee, do send prosperity!

daaglikse bybel vers Psalms 118:25

Psalms 118:25

Ag, HERE, gee tog heil; ag, HERE, gee tog voorspoed!

Previous post

1 Peter 1 verse 3 to 9

Share Button

daily bible verse 1 Peter 1 verse 3 to 9

daily bible verse 1 Peter 1 verse 3 to 9

1 Peter 1 verse 3 to 9

Blessed be the God and Father of our Lord Jesus Christ, who according to His great mercy has caused us to be born again to a living hope through the resurrection of Jesus Christ from the dead, to obtain an inheritance which is imperishable and undefiled and will not fade away, reserved in heaven for you, who are protected by the power of God through faith for a salvation ready to be revealed in the last time. In this you greatly rejoice, even though now for a little while, if necessary, you have been distressed by various trials, that the proof of your faith, being more precious than gold which is perishable, even though tested by fire, may be found to result in praise and glory and honor at the revelation of Jesus Christ; and though you have not seen Him, you love Him, and though you do not see Him now, but believe in Him, you greatly rejoice with joy inexpressible and full of glory, obtaining as the outcome of your faith the salvation of your souls.

daaglikse bybel vers 1 Petrus 1 vers 3 tot 9

1 Petrus 1 vers 3 tot 9

Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,
sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons
wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.
Daarin verheug julle jul, al word julle nou–as dit nodig is–‘n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,
sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;
vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap,
en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

Previous post

Matthew 24:44

Daily Bible verse Doctrine Jesus is the messiah

Why was the book of Enoch removed

antichrist religions

Share Button

Daily Bible verse Doctrine Jesus is the messiah

Daily Bible verse Doctrine Jesus is the messiah

New American Standard 1977

Doctrine Jesus is the messiah .

Matthew 16:15-16

He said to them, “But who do you say that I am?”
And Simon Peter answered and said, “Thou art the Christ, the Son of the living God.”

Psalm 2:12

Do homage to the Son, lest He become angry, and you perish in the way,
For His wrath may soon be kindled.
How blessed are all who take refuge in Him!

Doctrine confirmation verse

Mark 8:29

And He continued by questioning them, “But who do you say that I am?” Peter answered and said to Him, “Thou art the Christ.”

Isaiah 7:14

Therefore the Lord Himself will give you a sign: Behold, a virgin will be with child and bear a son, and she will call His name Immanuel (God with us).

2de Doctrine confirmation verse

Luke 9:20

And He said to them, “But who do you say that I am?” And Peter answered and said, “The Christ of God.”

Proverbs 30:4

Who has ascended into heaven and descended?
Who has gathered the wind in His fists?
Who has wrapped the waters in His garment?
Who has established all the ends of the earth?
What is His name or His son’s name?
Surely you know

Additional information

Isaiah 53

Who has believed our message?
And to whom has the arm of the LORD been revealed?

For He grew up before Him like a tender shoot,
And like a root out of parched ground;
He has no stately form or majesty
That we should look upon Him,
Nor appearance that we should be attracted to Him.

He was despised and forsaken of men,
A man of sorrows, and acquainted with grief;
And like one from whom men hide their face,
He was despised, and we did not esteem Him.

Surely our griefs He Himself bore,
And our sorrows He carried;
Yet we ourselves esteemed Him stricken,
Smitten of God, and afflicted.

But He was pierced through for our transgressions,
He was crushed for our iniquities;
The chastening for our well-being fell upon Him,
And by His scourging we are healed.

All of us like sheep have gone astray,
Each of us has turned to his own way;
But the LORD has caused the iniquity of us all
To fall on Him.

He was oppressed and He was afflicted,
Yet He did not open His mouth;
Like a lamb that is led to slaughter,
And like a sheep that is silent before its shearers,
So He did not open His mouth.

By oppression and judgment He was taken away;
And as for His generation, who considered
That He was cut off out of the land of the living,
For the transgression of my people to whom the stroke was due?

His grave was assigned with wicked men,
Yet He was with a rich man in His death,
Because He had done no violence,
Nor was there any deceit in His mouth.

But the LORD was pleased
To crush Him, putting Him to grief;
If He would render Himself as a guilt offering,
He will see His offspring,
He will prolong His days,
And the good pleasure of the LORD will prosper in His hand.

As a result of the anguish of His soul,
He will see it and be satisfied;
By His knowledge the Righteous One,
My Servant, will justify the many,
As He will bear their iniquities.

Therefore, I will allot Him a portion with the great,
And He will divide the booty with the strong;
Because He poured out Himself to death,
And was numbered with the transgressors;
Yet He Himself bore the sin of many,
And interceded for the transgressors.

Daaglikse Bybel vers Leerstelling Voorbereiding.

Ou Afrikaanse vertaaling 1953

Leerstelling Voorbereiding. Jesus is die redder

Matteus 16:15-16

Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek?
En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.

Psalms 2:12

Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!

Leerstelling goedkeuring vers

Markus 8:29

En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê vir Hom: U is die Christus.

Jesaja 7:14

Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel (God is met ons) noem.

2de Leerstelling goedkeuring vers

Lukas 9:20

En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: Die Christus van God!

Spreuke 30:4

Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in ‘n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun–as jy dit weet?

Addisionele inligting

Jesaja 53

Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar?
Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.
Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.
Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte–dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.
Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders–ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.
Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote–wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.
En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.
Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees.
Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.
Daarom sal Ek Hom ‘n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.

Bible teaching links

Faith Saturday

Previous Doctrine
Daily Bible verse Doctrine Prepping

Next Doctrine
All your sins are gone forever when you repent in your heart

Matthew 24:44

Doctrine Jesus is the messiah
Share Button

daily bible verse 05-01-17

Todays bible verse

Matthew 24:44

For this reason you be ready too; for the Son of Man is coming at an hour when you do not think He will.

Mattheus 24:44

Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.

Previous post
Daily Bible verse Doctrine Prepping

Share Button

Daily Bible verse Doctrine Prepping

Daily Bible verse Doctrine Prepping. God will send his prophets to warn you against what will come, it is up to you if you will listen and prepare.

New American Standard 1977

Doctrine Prepping. God will send his prophets to warn you against what will come, it is up to you if you will listen and prepare.

Proverbs 6:6

Go to the ant, O sluggard,
Observe her ways and be wise,

Acts 3:22

“Moses said, ‘THE LORD GOD SHALL RAISE UP FOR YOU A PROPHET LIKE ME FROM YOUR BRETHREN; TO HIM YOU SHALL GIVE HEED in everything He says to you.

Acts 7:37

“This is the Moses who said to the sons of Israel, ‘GOD SHALL RAISE UP FOR YOU A PROPHET LIKE ME FROM YOUR BRETHREN.’

Doctrine confirmation verse

Genesis 41:25-36

Now Joseph said to Pharaoh, “Pharaoh’s dreams are one and the same; God has told to Pharaoh what He is about to do. “The seven good cows are seven years; and the seven good ears are seven years; the dreams are one and the same. “And the seven lean and ugly cows that came up after them are seven years, and the seven thin ears scorched by the east wind shall be seven years of famine. “It is as I have spoken to Pharaoh: God has shown to Pharaoh what He is about to do. “Behold, seven years of great abundance are coming in all the land of Egypt; and after them seven years of famine will come, and all the abundance will be forgotten in the land of Egypt; and the famine will ravage the land. “So the abundance will be unknown in the land because of that subsequent famine; for it will be very severe. “Now as for the repeating of the dream to Pharaoh twice, it means that the matter is determined by God, and God will quickly bring it about. “And now let Pharaoh look for a man discerning and wise, and set him over the land of Egypt. “Let Pharaoh take action to appoint overseers in charge of the land, and let him exact a fifth of the produce of the land of Egypt in the seven years of abundance. “Then let them gather all the food of these good years that are coming, and store up the grain for food in the cities under Pharaoh’s authority, and let them guard it. “And let the food become as a reserve for the land for the seven years of famine which will occur in the land of Egypt, so that the land may not perish during the famine.”

Deuteronomy 18:9-19

“When you enter the land which the LORD your God gives you, you shall not learn to imitate the detestable things of those nations. “There shall not be found among you anyone who makes his son or his daughter pass through the fire, one who uses divination, one who practices witchcraft, or one who interprets omens, or a sorcerer, or one who casts a spell, or a medium, or a spiritist, or one who calls up the dead. “For whoever does these things is detestable to the LORD; and because of these detestable things the LORD your God will drive them out before you. “You shall be blameless before the LORD your God. “For those nations, which you shall dispossess, listen to those who practice witchcraft and to diviners, but as for you, the LORD your God has not allowed you to do so. “The LORD your God will raise up for you a prophet like me from among you, from your countrymen, you shall listen to him. “This is according to all that you asked of the LORD your God in Horeb on the day of the assembly, saying, ‘Let me not hear again the voice of the LORD my God, let me not see this great fire anymore, lest I die.’ “And the LORD said to me, ‘They have spoken well. ‘I will raise up a prophet from among their countrymen like you, and I will put My words in his mouth, and he shall speak to them all that I command him. ‘And it shall come about that whoever will not listen to My words which he shall speak in My name, I Myself will require it of him.

2de Doctrine confirmation verse

2 Kings 8:1

Now Elisha spoke to the woman whose son he had restored to life, saying, “Arise and go with your household, and sojourn wherever you can sojourn; for the LORD has called for a famine, and it shall even come on the land for seven years.”

Ezekiel 33:1-6

And the word of the LORD came to me saying, “Son of man, speak to the sons of your people, and say to them, ‘If I bring a sword upon a land, and the people of the land take one man from among them and make him their watchman; and he sees the sword coming upon the land, and he blows on the trumpet and warns the people, then he who hears the sound of the trumpet and does not take warning, and a sword comes and takes him away, his blood will be on his own head. ‘He heard the sound of the trumpet, but did not take warning; his blood will be on himself. But had he taken warning, he would have delivered his life. ‘But if the watchman sees the sword coming and does not blow the trumpet, and the people are not warned, and a sword comes and takes a person from them, he is taken away in his iniquity; but his blood I will require from the watchman’s hand.’

Additional information

Hebrews 11:7

By faith Noah, being warned by God about things not yet seen, in reverence prepared an ark for the salvation of his household, by which he condemned the world, and became an heir of the righteousness which is according to faith.

John 16:4

But these things I have spoken to you, that when their hour comes, you may remember that I told you of them. And these things I did not say to you at the beginning, because I was with you.

Leviticus 25:3-17

‘Six years you shall sow your field, and six years you shall prune your vineyard and gather in its crop, but during the seventh year the land shall have a sabbath rest, a sabbath to the LORD; you shall not sow your field nor prune your vineyard. ‘Your harvest’s aftergrowth you shall not reap, and your grapes of untrimmed vines you shall not gather; the land shall have a sabbatical year. ‘And all of you shall have the sabbath products of the land for food; yourself, and your male and female slaves, and your hired man and your foreign resident, those who live as aliens with you. ‘Even your cattle and the animals that are in your land shall have all its crops to eat.
‘You are also to count off seven sabbaths of years for yourself, seven times seven years, so that you have the time of the seven sabbaths of years, namely, forty-nine years. ‘You shall then sound a ram’s horn abroad on the tenth day of the seventh month; on the day of atonement you shall sound a horn all through your land. ‘You shall thus consecrate the fiftieth year and proclaim a release through the land to all its inhabitants. It shall be a jubilee for you, and each of you shall return to his own property, and each of you shall return to his family. ‘You shall have the fiftieth year as a jubilee; you shall not sow, nor reap its aftergrowth, nor gather in from its untrimmed vines. ‘For it is a jubilee; it shall be holy to you. You shall eat its crops out of the field.
‘On this year of jubilee each of you shall return to his own property. ‘If you make a sale, moreover, to your friend, or buy from your friend’s hand, you shall not wrong one another. ‘Corresponding to the number of years after the jubilee, you shall buy from your friend; he is to sell to you according to the number of years of crops. ‘In proportion to the extent of the years you shall increase its price, and in proportion to the fewness of the years, you shall diminish its price; for it is a number of crops he is selling to you. ‘So you shall not wrong one another, but you shall fear your God; for I am the LORD your God.

Daaglikse Bybel vers Leerstelling Voorbereiding.

Ou Afrikaanse vertaaling 1953

Leerstelling Voorbereiding. God sal profete stuur om jou te waarsky, dit is jou keuse of jy sal voorberei vir dit wat kom of nie.

Spreuke 6:6

Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!

Handelinge 3:22

Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle ‘n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek.

Handelinge 7:37

Dit is dié Moses wat aan die kinders van Israel gesê het: Die Here julle God sal vir julle ‘n Profeet verwek uit julle broers net soos ek is; na Hom moet julle luister.

Leerstelling goedkeuring vers

Genesis 41:25-36

Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is een en dieselfde. Wat God van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee.
Die sewe mooi koeie is sewe jare; en die sewe mooi are is sewe jare; die droom is een en dieselfde.
En die sewe maer en lelike koeie wat ná hulle opgekom het, is sewe jare; en die sewe maer, deur die oostewind verskroeide are sal sewe jare van hongersnood wees.
Dit is die woord wat ek tot Farao gespreek het: wat God van plan is om te doen, het Hy Farao laat sien.
Kyk, daar kom sewe jare van groot oorvloed in die hele Egipteland;
maar daarna sal sewe jare van hongersnood aanbreek, en al die oorvloed sal in Egipteland vergeet word, en die hongersnood sal die land verteer.
En van die oorvloed sal in die land niks gemerk word weens dié hongersnood wat daarna sal wees nie; want dit sal baie swaar wees.
En wat dit betref dat die droom twee maal vir Farao herhaal is–dit is omdat die saak deur God vas besluit is en God dit gou sal doen.
Laat Farao dan nou uitkyk na ‘n verstandige en wyse man en hom aanstel oor Egipteland.
Farao moet so maak en opsigters oor die land aanstel en in die sewe jare van oorvloed die vyfde deel hef van die opbrings van Egipteland.
En hulle moet al die voedsel van hierdie goeie jare wat kom, versamel en onder leiding van Farao koring ophoop as voedsel in die stede en dit wegbêre.
So sal dan die voedsel ‘n voorraad wees vir die land vir die sewe jare van hongersnood wat in Egipteland sal kom, sodat die land nie deur die hongersnood te gronde gaan nie.

Deuteronomium 18:9-19

As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie.
Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan–wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie,
of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ‘n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit.
Opreg moet jy wees met die HERE jou God.
Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat nie.
‘n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister
net soos jy van die HERE jou God by Horeb gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het: Ek kan die stem van die HERE my God nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek.
Toe het die HERE vir my gesê: Dit is goed wat hulle gespreek het.
‘n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel.
En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.

2de Leerstelling goedkeuring vers

2 Konings 8:1

En Elísa het met die vrou gespreek wie se seun hy lewendig gemaak het, en gesê: Maak jou klaar en vertrek, jy met jou huisgesin, en vertoef as vreemdeling waar jy kan vertoef, want die HERE het ‘n hongersnood geroep–wat ook vir sewe jaar oor die land gekom het.

Esegiël 33:1-6

En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
Mensekind, spreek met die kinders van jou volk en sê vir hulle: As Ek die swaard oor ‘n land bring, en die mense van die land neem ‘n man uit hulle kring en stel hom as wag vir hulle aan,
en hy sien die swaard aankom oor die land en blaas met die basuin en waarsku die mense–
as dan iemand die geluid van die basuin hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg, dan is sy bloed op sy hoof.
Hy het die geluid van die basuin gehoor, maar het hom nie laat waarsku nie: sy bloed is op hom. Maar as hy hom laat waarsku, dan red hy sy siel.
As daarenteen die wag die swaard sien kom en met die basuin nie blaas nie, sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard kom en neem ‘n siel uit hulle weg–dan is hy deur sy ongeregtigheid weggeneem, maar sy bloed sal Ek van die hand van die wag eis.

Addisionele inligting

Hebreërs 11:7

Deur die geloof het Noag, toe hy ‘n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en ‘n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is.

Johannes 16:4

Maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer die uur kom, julle kan onthou dat Ek julle dit gesê het. Maar Ek het julle dit nie van die begin af gesê nie, omdat Ek saam met julle was.

Levitikus 25:3-17

Ses jaar lank mag jy jou land saai en ses jaar lank jou wingerd snoei en die opbrings daarvan insamel;
maar in die sewende jaar moet daar vir die land volkome rus wees, ‘n sabbat vir die HERE; jou land mag jy nie saai en jou wingerd nie snoei nie.
Wat van jou oes opslaan, moet jy nie afoes nie, en die druiwe van jou ongesnoeide wingerdstok nie afsny nie. Dit moet ‘n jaar van rus vir die land wees.
En die opbrings van die sabbat van die land sal julle voedsel wees; vir jou en jou slaaf en jou slavin en jou dagloner en jou bywoner wat by jou vertoef,
en vir jou vee en die wild wat in jou land is, sal die hele opbrings daarvan wees om te eet.
Jy moet ook sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die dae van die sewe jaarweke vir jou nege en veertig jaar is.
Dan moet jy in die sewende maand, op die tiende van die maand, ‘n basuingeklank laat deurgaan; op die versoendag moet julle die basuin deur julle hele land laat gaan.
En julle moet die vyftigste jaar heilig en ‘n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle ‘n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan.
‘n Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir julle wees. Julle mag nie saai nie, ook nie afoes wat dan opslaan of die druiwe van die onbesnoeide wingerdstok dan afsny nie.
Want dit is ‘n jubeljaar, dit moet vir julle heilig wees: van die land af moet julle die opbrings daarvan eet.
In hierdie jubeljaar moet julle elkeen na sy besitting teruggaan.
Daarom, as jy iets aan jou naaste verkoop of van jou naaste koop, moet julle mekaar nie verdruk nie;
volgens die getal jare ná die jubeljaar moet jy van jou naaste koop; volgens die getal jare dat daar ‘n oes is, moet hy dit aan jou verkoop;
volgens die groter aantal jare moet jy die koopprys daarvan vermeerder, en volgens die kleiner aantal jare moet jy die koopprys daarvan verminder, want hy verkoop aan jou die aantal oeste.
Laat niemand dan sy naaste verdruk nie, en vrees jy jou God; want Ek is die HERE julle God.

Bible teaching links

Faith Saturday

Previous Doctrine
Doctrine Give as your heart guides you to give

Next Doctrine
Jesus is the messiah

It is inevitable that stumbling blocks should come

Doctrine Prepping. God will send his prophets to warn you against what will come, it is up to you if you will listen and prepare
Share Button

daily bible verse 03-01-17

Todays bible verse

Luke 17:1

And He said to His disciples, “It is inevitable that stumbling blocks should come, but woe to him through whom they come!

Lukas 17:1

En Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom.

Previous post
Jeremiah 29 verse 11

Share Button

Daily Bible verse Doctrine You may eat any food once you have blessed it

Daily Bible verse Doctrine You may eat any food once you have blessed it.

New American Standard 1977

Doctrine You may eat any food once you have blessed it.

1 Timothy 4:4

For everything created by God is good, and nothing is to be rejected, if it is received with gratitude;

Doctrine confirmation verse

Mark 7:18-19

And He said to them, “Are you so lacking in understanding also? Do you not understand that whatever goes into the man from outside cannot defile him; because it does not go into his heart, but into his stomach, and is eliminated?” (Thus He declared all foods clean.)

2de Doctrine confirmation verse

Acts 10:10-16

But he became hungry and was desiring to eat; but while they were making preparations, he fell into a trance; and he saw the sky opened up, and an object like a great sheet coming down, lowered by four corners to the ground, and there were in it all kinds of four-footed animals and crawling creatures of the earth and birds of the air. A voice came to him, “Get up, Peter, kill and eat!” But Peter said, “By no means, Lord, for I have never eaten anything unholy and unclean.” Again a voice came to him a second time, “What God has cleansed, no longer consider unholy.” This happened three times, and immediately the object was taken up into the sky.

Additional information

Romans 14

Now accept the one who is weak in faith, but not for the purpose of passing judgment on his opinions. One man has faith that he may eat all things, but he who is weak eats vegetables only. Let not him who eats regard with contempt him who does not eat, and let not him who does not eat judge him who eats, for God has accepted him. Who are you to judge the servant of another? To his own master he stands or falls; and stand he will, for the Lord is able to make him stand. One man regards one day above another, another regards every day alike. Let each man be fully convinced in his own mind. 6He who observes the day, observes it for the Lord, and he who eats, does so for the Lord, for he gives thanks to God; and he who eats not, for the Lord he does not eat, and gives thanks to God. For not one of us lives for himself, and not one dies for himself; for if we live, we live for the Lord, or if we die, we die for the Lord; therefore whether we live or die, we are the Lord’s. For to this end Christ died and lived again, that He might be Lord both of the dead and of the living. But you, why do you judge your brother? Or you again, why do you regard your brother with contempt? For we shall all stand before the judgment seat of God. For it is written,
“AS I LIVE, SAYS THE LORD, EVERY KNEE SHALL BOW TO ME,
AND EVERY TONGUE SHALL GIVE PRAISE TO GOD.”
So then each one of us shall give account of himself to God.
Therefore let us not judge one another anymore, but rather determine this—not to put an obstacle or a stumbling block in a brother’s way. I know and am convinced in the Lord Jesus that nothing is unclean in itself; but to him who thinks anything to be unclean, to him it is unclean. For if because of food your brother is hurt, you are no longer walking according to love. Do not destroy with your food him for whom Christ died. Therefore do not let what is for you a good thing be spoken of as evil; for the kingdom of God is not eating and drinking, but righteousness and peace and joy in the Holy Spirit. For he who in this way serves Christ is acceptable to God and approved by men. So then let us pursue the things which make for peace and the building up of one another. Do not tear down the work of God for the sake of food. All things indeed are clean, but they are evil for the man who eats and gives offense. It is good not to eat meat or to drink wine, or to do anything by which your brother stumbles. The faith which you have, have as your own conviction before God. Happy is he who does not condemn himself in what he approves. But he who doubts is condemned if he eats, because his eating is not from faith; and whatever is not from faith is sin.

Daaglikse Bybel vers Leerstelling jy mag enige iets waaroor jy gebid het eet

Ou Afrikaanse vertaaling 1953

Leerstelling jy mag enige iets waaroor jy gebid het eet

1 Timoteus 4:4

Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie;

Leerstelling goedkeuring vers

Markus 7:18-19

En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie, omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?

2de Leerstelling goedkeuring vers

Handelinge 10:10-16

en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar ‘n verrukking van sinne oor hom gekom: hy sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word. Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel. Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet!
En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie.
En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem.

Addisionele inligting

Romeine 14

En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.
Die een glo dat ‘n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente.
Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem.
Wie is jy wat die huiskneg van ‘n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou.
Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.
Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God.
Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie.
Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
Want hiervoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers.
Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.
Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.
So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.
Laat ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dít liewer, om nie die broeder ‘n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.
Ek weet en is oortuig in die Here Jesus dat niks op sigself onrein is nie, maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom is dit onrein.
Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur jou voedsel hom te gronde rig vir wie Christus gesterf het nie.
Laat dan van die goeie wat aan julle behoort, nie kwaad gespreek word nie.
Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.
Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag.
Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien.
Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir ‘n mens om te eet as dit tot aanstoot is.
Dit is goed om geen vleis te eet of wyn te drink of iets te doen waardeur jou broeder aanstoot neem of struikel, of waarin hy swak is nie.
Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy vir geoorloof ag nie.
Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.

Bible teaching links

Faith Saturday

Previous Doctrine
Daily Bible verse Doctrine Pray only to God the father

Next Doctrine
Give as your heart guides you to give

Daily Bible verse Doctrine You may eat any food once you have blessed it.
Share Button

Daily Bible verse Doctrine Pray only to God the father

Pray only to God the father, not to mother marie nor the saints, you may ask from Jesus Christ not mother marie nor any saint.

New American Standard 1977

Doctrine Pray only to God the father and ask in the name of Jesus Christ.

Exodus 20:3

You shall have no other gods before Me.

John 14:13

And whatever you ask in My name, that will I do, that the Father may be glorified in the Son.

Doctrine confirmation verse

Deuteronomy 5:7

You shall have no other gods before Me.

John 15:16

You did not choose Me, but I chose you, and appointed you, that you should go and bear fruit, and that your fruit should remain, that whatever you ask of the Father in My name, He may give to you.

2de Doctrine confirmation verse

Matthew 6:9

This, then, is how you should pray: “‘Our Father in heaven, hallowed be your name,

Matthew 7:7

Ask, and it shall be given to you; seek, and you shall find; knock, and it shall be opened to you.

Additional information

Matthew 6:5

And when you pray, you are not to be as the hypocrites; for they love to stand and pray in the synagogues and on the street corners, in order to be seen by men. Truly I say to you, they have their reward in full.

Revelation 22:8-9

And I, John, am the one who heard and saw these things. And when I heard and saw, I fell down to worship at the feet of the angel who showed me these things. And he said to me, “Do not do that; I am a fellow servant of yours and of your brethren the prophets and of those who heed the words of this book; worship God.”

Daaglikse Bybel vers Leerstelling jy mag net vir God die Vader aanbid en vra in die naam van Jesus

Ou Afrikaanse vertaaling 1953

Leerstelling jy mag net vir God die Vader aanbid en vra in die naam van Jesus

Eksodus 20:3

Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

Johannes 14:13

En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

Leerstelling goedkeuring vers

Deuteronomium 5:7

Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

Johannes 15:16

Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

2de Leerstelling goedkeuring vers

Matteus 6:9

Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;

Matteus 7:7

Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

Addisionele inligting

Matteus 6:5

En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.

Openbaring 22:8-9

En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het. Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God.

Bible teaching links

Faith Saturday

Previous Doctrine
Daily Bible verse Doctrine Do not bow before any statue of Jesus, Marie, saint, cross or image

Next Doctrine
What types of food may Christians eat

Pray only to God the father, not to mother marie nor the saints, you may ask from Jesus Christ not mother marie nor any saint.
Share Button

Daily Bible verse Doctrine Do not bow before any statue of Jesus, Marie, saint, cross or image

Daily Bible verse Doctrine Do not bow before any statue of Jesus, Marie, saint, cross or image. God does not share his glory.

New American Standard 1977

Doctrine verse Do not bow before any statue of Jesus, Marie, saint, cross or image. God does not share his glory.

Isaiah 42:8

I am the LORD, that is My name;
I will not give My glory to another,
Nor My praise to graven images.

Doctrine confirmation verse

Exodus 20:4-6

You shall not make for yourself an idol,
or any likeness of what is in heaven above
or on the earth beneath or in the water under the earth. “You shall not worship them or serve them; for I, the LORD your God, am a jealous God, visiting the iniquity of the fathers on the children, on the third and the fourth generations of those who hate Me, but showing lovingkindness to thousands, to those who love Me and keep My commandments.

2de Doctrine confirmation verse

Deuteronomy 5:8-10

You shall not make for yourself an idol,
or any likeness of what is in heaven above
or on the earth beneath or in the water under the earth. ‘You shall not worship them or serve them; for I, the LORD your God, am a jealous God, visiting the iniquity of the fathers on the children, and on the third and the fourth generations of those who hate Me, but showing lovingkindness to thousands, to those who love Me and keep My commandments.

Additional information

Leviticus 26:1

You shall not make for yourselves idols, nor shall you set up for yourselves an image or a sacred pillar, nor shall you place a figured stone in your land to bow down to it; for I am the LORD your God.

Exodus 32:4-10

And he took this from their hand, and fashioned it with a graving tool, and made it into a molten calf; and they said, “This is your god, O Israel, who brought you up from the land of Egypt.” Now when Aaron saw this, he built an altar before it; and Aaron made a proclamation and said, “Tomorrow shall be a feast to the LORD.” So the next day they rose early and offered burnt offerings, and brought peace offerings; and the people sat down to eat and to drink, and rose up to play. Then the LORD spoke to Moses, “Go down at once, for your people, whom you brought up from the land of Egypt, have corrupted themselves. “They have quickly turned aside from the way which I commanded them. They have made for themselves a molten calf, and have worshiped it, and have sacrificed to it, and said, ‘This is your god, O Israel, who brought you up from the land of Egypt!’” And the LORD said to Moses, “I have seen this people, and behold, they are an obstinate people. “Now then let Me alone, that My anger may burn against them, and that I may destroy them; and I will make of you a great nation.”

Daaglikse Bybel vers Leerstelling jy mag nie voor beelde of voorstelling van Jesus, heilige mense, moeder marie ander beelde neerbuig nie God deel nie sy eer nie

Ou Afrikaanse vertaaling 1953

Leerstelling vers jy mag nie voor beelde of voorstelling van Jesus, heilige mense, moeder marie ander beelde neerbuig nie God deel nie sy eer nie

Jesaja 42:8

Ek is die HERE, dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde nie.

Leerstelling goedkeuring vers

Eksodus 20:4-6

Jy mag vir jou
geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is,
of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

2de Leerstelling goedkeuring vers

Deuteronomium 5:8-10

Jy mag vir jou
geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is,
of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, en aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

Addisionele inligting

Levitikus 26:1

Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en ‘n gesnede beeld of ‘n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en ‘n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God.

Eksodus 32:4-10

En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ‘n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.
Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor ‘n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die HERE.
En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers aangebring; daarop het die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel.
Toe sê die HERE vir Moses: Gaan heen, klim af, want jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, het verderflik gehandel.
En hulle het gou van die weg afgewyk wat Ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle ‘n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en daaraan geoffer en gesê: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.
Verder het die HERE vir Moses gesê: Ek het hierdie volk gesien, en kyk, dit is ‘n hardnekkige volk.
Laat My dan nou begaan, dat my toorn teen hulle ontvlam en Ek hulle verteer. Dan sal Ek jou tot ‘n groot nasie maak.

Bible teaching links

Faith Saturday

Previous Doctrine
Daily Bible verse Doctrine The caught up or rapture

Next Doctrine
Pray only to God the father, not mother marie nor the saints, you may ask from Jesus Christ not mother marie nor any saint.

Daily Bible verse Doctrine Do not bow before any statue of Jesus, Marie, saint, cross or image
Share Button